015 296 0054
h/v Mcdonald- & Erasmusstraat, Florapark, Polokwane
Tuis | Dominee | Ds Retief Gouws

Ds Retief Gouws

Datum: Sunday, 8 July 2018 - 9:00am
Inhoudtipe: Preek

Skriflesing

Psalm 42 [12]

Tema

Beleef God in jou vertroue op Hom

 

Datum: Sunday, 25 March 2018 - 6:00pm
Inhoudtipe: Preek

In die derde gebod verbied die Here nie die gebruik van sy Naam nie, maar wel die misbruik daarvan. Ons mag nooit sy Naam ligtelik gebruik en Hom daardeur voor mense verkleineer nie. So hoe moet ons sy Naam gebruik? Só dat ander mense God daarin reg kan leer ken.

Datum: Sunday, 1 April 2018 - 9:00am
Inhoudtipe: Preek

Hoekom bly ons preek oor Christus wat gekruisig is, vir mense wat dit al reeds weet? Dit is juis daar waar die duiwel ons geloof aanval en twyfel wil saai. Teenoor die kruis staan die mens met sy eie prestasies.

Datum: Sunday, 29 April 2018 - 9:00am
Inhoudtipe: Preek

Hoe beïnvloed ons geloof in die wederkoms my lewe? Bly dit maar net ʼn belydenis (kennis), of speel dit werklik ʼn rol in hoe ek leef? Die besef dat ons tyd min is, moet ons aanspoor tot aktiewe dienswerk in Gods koninkryk.

Datum: Sunday, 13 May 2018 - 9:00am
Inhoudtipe: Preek

Om onsself goed te laat lyk en om die eer te soek vir ons prestasies, is ʼn struikelblok vir baie mense. Dis tog ék wat so hard geoefen het. Dis ék wat soveel energie/kennis gebruik het. Maar al te dikwels skuif ons dan die Here, die Bron van ons krag op die kant, ter wille van my eie goeie naam.

Datum: Sunday, 20 May 2018 - 9:00am
Inhoudtipe: Preek

Is ons tevrede daarmee om ook die klein dingetjies te doen in Gods koninkryk? Ons kyk baie keer net vas in mense soos Simson, wat groot dade verrig het en lank regeer het. Ons strewe daarna om soos hulle te wees en ʼn groot verskil in die kerk te maak.

Datum: Sunday, 27 May 2018 - 9:00am
Inhoudtipe: Preek

Meeste van ons is baie versigtig om betrokke te raak by ander mense se probleme. Ons is bang dat dit ons gaan blootstel aan die gevaar om self iets te verloor in die proses. Maar in die geloof roep die Here ons op om mekaar te help, ook in die alledaagse stryd.

Datum: Sunday, 3 June 2018 - 9:00am
Inhoudtipe: Preek

Is dit vir ons belangrik om te bly reformeer? Dikwels voel ons dat reformasie ʼn taak vir iemand anders is. Soms voel ons dat reformasie te moeilik is. En tog het Christus vir ons versoening gebring, sodat elkeen van sy kinders kan reformeer.

Datum: Sunday, 25 February 2018 - 6:00pm
Inhoudtipe: Preek

Al aanbid ons nie meer vandag goue kalwers, of klip beelde nie, is die aanslag deur afgode vandag seker groter as ooit tevore. Die samelewing maak van elke individu ʼn afgod wat self kan besluit wat in sy lewe moet gebeur.

Datum: Sunday, 18 February 2018 - 9:00am
Inhoudtipe: Preek

Met ʼn ekonomie wat druk moet ʼn mens jou lewe en lewensstyl ook daarby aanpas. Ons kan nie maar net soos vroeër aangaan nie. Tog moet die fokus van ons lewe dieselfde bly. Met ons oë op God gerig moet ons in sy koninkryk bly dien.

Pages