015 296 0054
h/v Mcdonald- & Erasmusstraat, Florapark, Polokwane
Tuis | Preke | Aan die Here alleen kom al die eer toe

Aan die Here alleen kom al die eer toe

Sunday, 13 May 2018 - 9:00am
Dominee: 
Boek: 
Teks: 
Rigters 15: 1 - 20 (17 & 19)

Om onsself goed te laat lyk en om die eer te soek vir ons prestasies, is ʼn struikelblok vir baie mense. Dis tog ék wat so hard geoefen het. Dis ék wat soveel energie/kennis gebruik het. Maar al te dikwels skuif ons dan die Here, die Bron van ons krag op die kant, ter wille van my eie goeie naam. Tog wys die Here ons deur Simson op die mens se hulpeloosheid sonder Hom. Laat ons tot die Here roep vir ons hulp, maar laat ons dan ook aan Hom al die eer gee vir wie ons in Christus is, en vir wat ons onder leiding van sy Gees doen.