Die gemeente het ‘n baie aktiewe groep Senior Lidmate [bo 60] wat bekend staan as Die Silwerdoppers. Hulle vergader elke tweede Woensdag van die maand en reel verskeie aktiwiteite soos uitstappies, speletjies, etes en ‘n jaarlikse besoek aan die Nasionale Kruger Wildtuin. Verder hou hulle elke laaste Vrydag van die maand ‘n verkoping as fondsinsameling vir hulle wildtuin besoek. Hulle vorm ook ‘n sterk ondersteuningsgroep vir die ouer lidmate van die gemeente.
Bestuur:
Voorsitter : Cassie Carstens 081 354 3400
Marina van der Walt 072 135 6905
Funksie 13 Feb 2019
Almal 60 jaar en ouer word hartlik uitgenooi na ons byeenkoms op 13 Feb by die kerk om 10H00.
Ons gaan braai. Gee asb jou naam op by Cassie Carstens 081 354 3400 as jy dit saam ons wil kom geniet.
Laat weet asb voor of op Maandag 11 Feb teen 17H00.
|
![]() |
![]() |
|
|
|
|
|
|