Die kommissie help met die reelings van alle aktiwiteite van die gemeente. Elke Nagmaalete word deur die kommissie gereel en voorsien. Hoogtepunte van die jaar is die Doppermark asook die Dopperdoorfees
Voorsitter : Johan Maritz 082 556 1956
Daleen Coetsee 079 490 2678
BASAAR 30 AUGUSTUS 2019
Ons hou basaar op Vrydag 30 Augustus.
Almal wat wil stalletjies doen vir die aand is welkom.
Alle kos stalletjies sal deur die kerk gedoen word maar enige ander stalletjies is welkom.
Ons benodig egter vleis/wildsvleis vir die vleis tafel.
Skakel asb vir Jan-Carel (0795221992) indien jy enige skenkings kan doen.
Ons vra ook gebak vir die koektafel en poedings vir die poeding tafel.
Jy kan nou al vir Daleen 0794902678 laat weet wat u bereid is om te gee
GEMEENTEKAMP - JAARLIKS IN SEPTEMBER
Die kamp vind weer plaas by Jubaweni vanaf 20 - 22 September 2019. Die hele kamp is vir ons gemeente bespreek vir daardie naweek!
Daar is verskeie tipes verblyf beskikbaar - hou nou al daai naweek oop om lekker saam te kom uitspan
Die lys is op die kennisgewing bord. Bespreek vroegtydig jou plek.
Betalings kan solank gedoen word in die Aktiwiteitskommissie rekening of u kan by Daleen betaal.
Kostes:
Hou die kennisgewingbord dop vir meer inligting nader aan die tyd
Vir enige navrae kontak: Johan Maritz op 082 556 1956 of Daleen 0794902678.