015 296 0054
h/v Mcdonald- & Erasmusstraat, Florapark, Polokwane
Tuis | Preke | Die Here gebruik ook Samgars om sy volk te red

Die Here gebruik ook Samgars om sy volk te red

Sunday, 20 May 2018 - 9:00am
Dominee: 
Boek: 
Teks: 
Rigters 3: 31 & 5:1-8 (3:31)

Is ons tevrede daarmee om ook die klein dingetjies te doen in Gods koninkryk? Ons kyk baie keer net vas in mense soos Simson, wat groot dade verrig het en lank regeer het. Ons strewe daarna om soos hulle te wees en ʼn groot verskil in die kerk te maak. Maar so vergeet ons van die kleiner name, wat net sulke belangrike werk verrig het. Christus het ons egter losgekoop om diensbaar te wees, daar waar Hy ons roep. Sien raak waar Hy jou elke dag roep en versterk om ʼn verskil te maak, hoe klein dit dalk ook voel, en doen dit!