015 296 0054
h/v Mcdonald- & Erasmusstraat, Florapark, Polokwane
Tuis | Preke | Om Jesus te verwag bring blye dienswerk

Om Jesus te verwag bring blye dienswerk

Sunday, 29 April 2018 - 9:00am
Dominee: 
Teks: 
1 Tessalonisense 1 (9-10)
Tema: 

Hoe beïnvloed ons geloof in die wederkoms my lewe? Bly dit maar net ʼn belydenis (kennis), of speel dit werklik ʼn rol in hoe ek leef? Die besef dat ons tyd min is, moet ons aanspoor tot aktiewe dienswerk in Gods koninkryk. Die blye verwagting van sy koms moet ons laat gereed maak om Hom te ontmoet. Tog mag hierdie verwagting ons nooit dryf om met ons voorbereiding iets te probeer verdien nie. Ons moet alleen maar vanuit die verlossing wat ons reeds ontvang het, met die oog op Christus gerig, gehoorsaam leef en dien. Laat ons altyd Christus met blydskap verwag.