015 296 0054
h/v Mcdonald- & Erasmusstraat, Florapark, Polokwane
Tuis | Preke | Beleef God in jou vertroue op Hom

Beleef God in jou vertroue op Hom

Sunday, 8 July 2018 - 9:00am
Dominee: 
Boek: 
Teks: 
Psalm 42:12

Skriflesing

Psalm 42 [12]

Tema

Beleef God in jou vertroue op Hom

 

Psalm 100: 1, 2   [494]

Psalm 18: 1, 9 & 20  [71]

Psalm 104: 1, 2   [510]

Psalm 32: 3  [151]

Psalm 42: 1  [216]

Psalm 42: 5 & 7  [214]

In elke mens se lewe kom daar tye wat dit vir ons voel asof die Here baie ver weg van ons af is. En in sulke tye verlang ons na die Here se nabyheid, waarsonder ons nie kan (en wil) leef nie! Maar dan moet ons weer tot die besef kom dat daardie verlange nie kom omdat God wel weg van ons af is nie. Christus het tog beloof dat Hy met ons sal wees, al die dae, tot aan die voleinding van die wêreld. Nee dit is die Gees wat daardie verlange in ons werk. ‘n Verlange na die dag wanneer ons volkome by God sal wees in sy seënryke teenwoordigheid. Daarom moet hierdie verlange ons al meer aanspoor om te volhard in die geloof!