015 296 0054
h/v Mcdonald- & Erasmusstraat, Florapark, Polokwane
Tuis | Boek | Rigters

Rigters

Datum: Sunday, 13 May 2018 - 9:00am
Inhoudtipe: Preek

Om onsself goed te laat lyk en om die eer te soek vir ons prestasies, is ʼn struikelblok vir baie mense. Dis tog ék wat so hard geoefen het. Dis ék wat soveel energie/kennis gebruik het. Maar al te dikwels skuif ons dan die Here, die Bron van ons krag op die kant, ter wille van my eie goeie naam.

Datum: Sunday, 20 May 2018 - 9:00am
Inhoudtipe: Preek

Is ons tevrede daarmee om ook die klein dingetjies te doen in Gods koninkryk? Ons kyk baie keer net vas in mense soos Simson, wat groot dade verrig het en lank regeer het. Ons strewe daarna om soos hulle te wees en ʼn groot verskil in die kerk te maak.

Datum: Sunday, 27 May 2018 - 9:00am
Inhoudtipe: Preek

Meeste van ons is baie versigtig om betrokke te raak by ander mense se probleme. Ons is bang dat dit ons gaan blootstel aan die gevaar om self iets te verloor in die proses. Maar in die geloof roep die Here ons op om mekaar te help, ook in die alledaagse stryd.

Datum: Sunday, 3 June 2018 - 9:00am
Inhoudtipe: Preek

Is dit vir ons belangrik om te bly reformeer? Dikwels voel ons dat reformasie ʼn taak vir iemand anders is. Soms voel ons dat reformasie te moeilik is. En tog het Christus vir ons versoening gebring, sodat elkeen van sy kinders kan reformeer.