015 296 0054
h/v Mcdonald- & Erasmusstraat, Florapark, Polokwane
Tuis | Preke | Passievol op Reis

Passievol op Reis

Sunday, 19 August 2018 - 9:00am
Dominee: 
Boek: 
Teks: 
Fillipense 3:1-14

Skriflesing

Fil. 3: 1 - 14

Tema

Passievol op reis.

Liedere

Lied 196: 1, 2;

Skrifberyming 5-3: 1, 4, 5;

Lied 260: 10, 11;

Psalm 19: 7;

Psalm 61: 4, 6;

Skrifberyming 18-7: 5, 9

Om sonder passie te wees, is soos 'n houer wat droog en leeg is. Paulus het hom deur niks laat stuit nie. Selfs as veroordeelde verkondig hy die Evangelie in die vyandige Rome. Sy rede vir sy passie was dat Christus hom gegryp het. En nou het sy lewensreis 'n doel. Hy kan hom nou losmaak van alles wat hy hier op aarde waardevol geag het. Niks is hier vas en seker nie. Slegs ons einddoel is vas. Ons einddoel is om Christus te ken, om Sy opstandingskrag te ondervind en met sekerheid te weet - Ek het die opstanding en die ewige lewe.