015 296 0054
h/v Mcdonald- & Erasmusstraat, Florapark, Polokwane
Tuis | Preke | God voorsien deur onrein diere

God voorsien deur onrein diere

Sunday, 3 November 2019 - 9:00am
Dominee: 
Teks: 
1 Kon 17:1-24; Jak 5:13-20; NGB art 27
Liedere

Psalm 91: 1, 2

Psalm 107: 1, 10

Skrifberyming 12-3: 1, 2

Psalm 91: 3, 6

Psalm 107: 17, 17

Psalm 31: 15, 17

Die gevaarlike tyd onder Agab waarin Elia leef. En dan lees ons die genadeverhaal van God, die Almagtige, se voorsienigheid in die droogte. Alles is onrein. Agab en Isebel is onrein. Hulle aanbid Baäl en Astarte. Hulle tart die Here. Te midde van die onheiligheid stuur die Here onrein kraaie om Elia te versorg. Daarna stuur die Here hom in die land waar die Baälgodsdiens begin het en 'n onrein vrou moet hom daar versorg in Sarfat. En dit alles omdat Elia gebid het dat dit nie moet reën nie. Daar moet bekering gebeur. Die mens moet fisies leer wie in beheer is - Jahwe - Ek is. Die Skepper van hemel en aarde. Hy voorsien op wonderbaarlike wyse in al ons nood.