015 296 0054
h/v Mcdonald- & Erasmusstraat, Florapark, Polokwane
Tuis | Preke | God se woestynskool is die beste

God se woestynskool is die beste

Sunday, 25 August 2019 - 6:00pm
Dominee: 
Teks: 
Deut 8: 2 - 5, 15 - 18, Klaagliedere 3: 31 - 33; Mat 4: 1 - 11
Liedere

Ps 128: 1, 4 ;

Ps 144: 1, 2 ;

Ps 37: 2, 3 ;

Ps 71: 1, 4, 5 

Moses, Elia, Paulus en Jesus Christus leer almal in God se woestynskool. Die woestyn is 'n harde plek. Bedags brand die son en snags is dit koud. Alles is op oorlewing ingestel. Soms bring God teleurstelling en verwarring op ons lewenspad om ons te leer wie Hy en wie ons is. Moses gaan van paleis na woestyn. Elia van die hoogtes na die dieptes. Paulus van bekering na lering vir 3 jaar. Jesus word gedoop en vir 40 dae lank deur die duiwel in die woestyn getoets. Elkeen leer iets: afhanklikheid, nederigheid en gehoorsaamheid. Oorwinning kom egter deur elke keer uit die Woord van God te leef.