015 296 0054
h/v Mcdonald- & Erasmusstraat, Florapark, Polokwane
Tuis | Preke | Gefokus op God vir 2019

Gefokus op God vir 2019

Sunday, 6 January 2019 - 9:00am
Dominee: 
Boek: 
Teks: 
Heb. 11: 1 - 16; 32 - 40
Tema: 
Liedere

Psalm 93: 1, 4

Psalm 65: 1, 3, 8

Skrifberyming 12-3: 1, 2

Psalm 119: 7, 63

Psalm 84: 3, 4

Psalm 150: 1, 3

Ons jaartema is: Voluit vir God. In die eerste paar weke gaan die prediking konsentreer op wat die Here doen met swak mense. Heb. 11 staan ook bekend as die geloofsheldegallery. Maar die mens in sy swakheid kan alleen doen omdat daar genade en krag van die Here kom om die skynbaar onmoontlike reg te kry. Elkeen van die gelowiges het op bevel van die Here gedoen sonder om die uiteinde te sien. Daarom hoor ons in die teks wat geloof jou laat doen. Noag bou en Abraham trek. 'n Reuse taak wat in die geloof aangepak word. Mag ons die nuwe jaar ingaan met die wete dat die Here weet waarheen ons almal oppad is.