015 296 0054
h/v Mcdonald- & Erasmusstraat, Florapark, Polokwane
Tuis | Preke | Die Here wys hoe omgee lyk

Die Here wys hoe omgee lyk

Sunday, 17 March 2019 - 9:00am
Dominee: 
Boek: 
Teks: 
Markus 4: 35 - 41

Liedere

Psalm 85: 3, 4 (wysie van Ps 2)
Psalm 90: 1, 2
Psalm 20: 6, 7
Psalm 119: 22, 26
Psalm 115: 2, 3 (wysie van ou SK 45)
Psalm 115: 7, 8, 9

Dit is baie keer ons vraag ook: Here, gee U nie om dat ons vergaan nie? Baie keer beland ons in stormweer, sodat ons juis die genade van die Here kan leer ken. Jy bid tot die Here en dan word jou lyding net nog swaarder. Hy is ons Vader deur Jesus Christus. Hy het Hom oorgegee aan die swaar marteldood van die Romeine. Daarom is my swaar vir my die beste - die Here leer my persoonlik. God het 'n doel met beproewings. Dink aan Josef wat deur sy broers verkoop word, Job wat alles verloor. Abraham wat sy enigste seun moet gaan offer. Die Here werk met 'n universele plan, waarvan jy deel is. Mag die Here ons God ons lei tot Sy eer en verheerliking