015 296 0054
h/v Mcdonald- & Erasmusstraat, Florapark, Polokwane
Tuis | Preke | Die Here het ons verbygegaan

Die Here het ons verbygegaan

Sunday, 25 February 2018 - 9:00am
Dominee: 
Teks: 
Eksodus 12:1-14, Hebreers 10:1-4, 11-18

Die Pasga was 'n offer en 'n maaltyd. Pasga beteken die oorslaan van mense wat in God se opdrag en God se fees van bevryding skuiling te soek. Oral waar die bloed is, het die Here die huis met sy inwoners oorgeslaan. Die lam was die plaasvervanger. Die Pasga kan daarom met reg die onvoltooide fees genoem word. Die Here stuur vir ons sy Seun - die Lam. Hy voltooi die belofte van versoening in Sy bloed. Maar dit wys ook weer vorentoe - na die nuwe hemel en die nuwe aarde. Dit is waarnatoe ons op pad is. Kom ons berei voor in lewe, woorde en werke om die nuwe Jerusalem in te gaan.