015 296 0054
h/v Mcdonald- & Erasmusstraat, Florapark, Polokwane
Tuis | Preke | Wie is Jesus

Wie is Jesus

Sunday, 1 February 2015 - 9:00am
Dominee: 
Boek: 
Teks: 
Matteus 16:13-23 [15-17]

Skriflesing

Matteus 16:13-23 [15-17]

Tema

“Maar julle, wie sê julle, is Ek?”

Liedere

Psalm 9: 1, 8, 9 & 10 [36]

Psalm 86: 5 [431]

Skrifberyming 9-3:1 & 2

Psalm 9: 6 & 7 [36]

Psalm 2: 4 & 6 [5]

Hierdie is seker die belangrikste vraag in jou lewe: “Wie is Jesus vir jou?”  Ons moet mooi gaan dink oor ons antwoord, want die woorde wat ons hierop bely raak jou hele lewe (ook jou dade).  Vir baie mense is Hy maar net ʼn belangrike man – vir wie ons nie hoef te luister of te vrees nie, maar vir ons is Hy die Christus, die Seun van die lewende God – wat alles vir ons gegee het, sodat ons nou dankbaar, gehoorsaam vir God kan leef.  Gaan dink weer mooi “... wie sê julle, is Ek?”