015 296 0054
h/v Mcdonald- & Erasmusstraat, Florapark, Polokwane
Tuis | Preke | Die Wonderkrag van God

Die Wonderkrag van God

Sunday, 24 November 2019 - 9:00am
Boek: 
Teks: 
1 Konings 19
Liedere

Psalm 23: 1,2,3

Psalm 117:

Psalm 86: 3, 4, 5

Psalm 16: 1, 3, 4

Psalm 90: 1, 8, 9

Daar is heelwat mense wat teleurgesteld is in die kerk, of nog erger: Teleurgesteld is in God. Die kerk is soms vir mense te saai, te vervelig en so alledaags. Dan gebeur dit dat mense hulle rug draai op die kerk en hulle toevlug neem na geselskappe waar groter en meer opspraakwekkende dinge gebeur. Maar teleurstellings kom soms vanweë 'n verkeerde siening van God se wonderkrag.

Vanuit 1 Konings 19 gaan ons hoor: Die profeet Elia het ook teleurstelling in die krag van God belewe.

Hoe God Elia se geloof gelei het tot 'n dieper insig by die berg Horeb.

God se krag bestaan nie daarin dat Hy net so nou en dan met 'n wonderwerk in ons lewens ingryp nie. Hy werk gewoonlik anders; sy werk is 'n fluistering in die windstilte (v. 12c).

God Iaat Sy grote krag deurwerk juis in die klein dingetjies wat ongemerk by ons verbygaan, in die rustige, alledaagse, stille gang van sake.