015 296 0054
h/v Mcdonald- & Erasmusstraat, Florapark, Polokwane
Tuis | Preke | Die sakrament van die doop as bewys van ons opname in die Kerk om anders te lewe

Die sakrament van die doop as bewys van ons opname in die Kerk om anders te lewe

Sunday, 8 March 2015 - 9:00am
Dominee: 
Boek: 
Teks: 
Eksodus 14: 1-31

Skriflesing

Eksodus 14: 1-31 Teks 28-30

Liedere

Ps. 136: 9, 10 en 12 (sang)

Psalm. 84:1,4

Psalm. 30:1,3

Psalm. 38:1,15,17

Psalm. 136:9,10,12

Psalm. 135:1,5,7

Psalm. 149:2,4

Sou jy vir ʼn destydse Israeliet vra “Wie is jy?” kan sy antwoord iets wees soos “Ek was onder doodsvonnis in ʼn heidenland maar die God het deur die bloed van ʼn  lam voorsien dat ons die dood vrygespring het toe Hy die Farao en sy mense met die dood van die eersgeborenes getref het.  Ons bemiddelaar, Moses het ons toe uit hierdie land van slawerny deur die Rooi see laat trek sodat ons nie weer onder die doodsvonnis van Egipte sou kom nie, nou is ons onderweg na die beloofde land, Kanaän – alhoewel ons nog nie daar is nie het God aan ons Sy wet gegee sodat ons Hom kan leer ken en ook het Hy onder ons kom woon in die Tabernakel sodat ons deur genade en vergifnis van die Here kan leef tot ons in die beloofde land aangekom het.”  As dit vir u bekend sou klink is dit omdat dit amper woordeliks die antwoord van ʼn gelowige van vandag sal wees.  Dit is juis wat ons vanoggend vanuit hierdie gedeelte sien.