015 296 0054
h/v Mcdonald- & Erasmusstraat, Florapark, Polokwane
Tuis | Preke | Die Here ken en hoor en sien ons swaarkry

Die Here ken en hoor en sien ons swaarkry

Sunday, 20 December 2020 - 9:30am
Boek: 
Teks: 
Genesis 16 vs 11 en 13
Skriflesing

Genesis 16

Fokusteks Vs 11 en 13

Liedere

Psalm 95-1: 1, 2, 4 (Psalm 24)

Psalm 30-1: 3, 7, 8 (Psalm 139)

Psalm 130-2: 1, 2, 4

Psalm 68-1 : 3, 9, 13 (Psalm 36)

Swaarkry is 'n universele verskynsel. Alle mense reg
oor die wêreld beleef een of ander stadium in hulle
lewens een of ander vorm van swaarkry. Ook gelowiges
is nie hiervan gevrywaar nie. Net soos alle ander mense
beleef 'n kind van die Here ook swaarkry. Maar daar is
egter 'n verskil. Terwyl alle mense iewers in hulle
lewens swaarkry beleef, gee die Here aan sy kinders
die troos dat Hy by hulle is in hulle swaarkry. Of soos
die Here duidelik vanoggend in Genesis 16 – in Hagar
se oorweldigende belewenis met Hom – gaan maak:
Hy ken en hoor en sien ons swaarkry.