WEENS TEGNIESE PROBLEME IS DAAR GEEN KLANKOPNAME
Skriflesing |
Psalm 51, Jer 2: 20 – 22, Markus 7 |
Tema |
Vra jy ‘n rein hart? |
Liedere |
Psalm 28: 1, 2 |
Ps 51 is ‘n besondere psalm in die Psalmbundel. Rou emosie wanneer Dawid sy sonde voor God bely. Hy erken: Sonde begin binne ons. Verlossing kom van buite. Sonde bring verwydering tussen God en mens, maar ook mense onderling. Sonde is in ons natuur. Daarom bring die Here nuwe lewe van buite af deur Jesus Christus en deur die Heilige Gees. Die genade is: God kom na die mens toe en red ons. |