Uit bedruktheid wek die Here ons op tot ‘n blymoedige lewenshouding

Liedere

Psalm 68: 1,2

Skrifberyming 12-3: 1,2

Psalm 51: 1,2

Psalm 62: 1,4,5

Psalm 68: 9,13

Ons teksverse kom met die teenstelling van bedruktheid en blydskap. Hierdie teenstelling maak deel van ons daaglikse lewe uit. Dit is daardie AAN-en-AF tye of dae wat ons beleef. Dit is die EB en VLOED van die lewe. Dit is soos die see se golwe wat oor ons spoel.
Bedruktheid en wanhoop werk verlammend in op onsself en ons medemens. Daar is tye waarin ons deur die opstandingskrag van Christus die negatiewe spiraal oorwin.