Liedere |
Psalm 107: 1, 10 ; Psalm 110: 1, 4 |
Jesus Christus die Bruidegom, die Lam kom in heerlikheid na die wêreld as die oorwinnaar. Toe Hy voor die kruisiging die stad Jerusalem gesien het, het Hy gehuil en op die rug van ‘n donkie die stad binnegery. In ‘n staat van vernedering het die Christus sy werk tot volle uitvoering gebring. Hy sterf aan ‘n vloekhout. Politieke byeenkomste en Kabinetsvergaderings gebeur op Sondae. Om die Here te dien en Sondag in erediens saam met medegelowiges bymekaar te kom word as oudmodies en uitgedien beskryf. Om gelowig te leef en om openlik te getuig van dit wat God leer, maak van jou iemand wat sogenaamd onverdraagsaam is en nie ander se gevoelens in ag neem nie. God word openlik teengestaan in die skole, waar godsdiens verbied is. Die kerk word ‘n plek waar politiek bedryf word. Die stryd tussen goed en kwaad kom al meer na vore. Die ligdraers van Jesus Christus word as die leuenaars voorgehou en dit wat in stryd met God en Sy woord is, word as waar en reg voorgehou. Jy mag nie meer verkondig dat daar iets soos sonde is nie. Jy is dan “intollerant”. Die lewe word ‘n grys vlakte waarin alles goed gepraat word. Die oortreders van God se gebod – Jy mag nie steel nie – word deur die regering beloon met nuwe, groter en beter aanstellings. Wêreldwyd is korrupsie die grootste gevaar vir lande se ekonomiese groei en ontwikkeling. Die mensdom is vasgevang in ‘n stryd tussen goed en kwaad, tussen lig en donker. In SA letterlik so vir ons skole, danksy al die ongerymdhede by Eskom. |