God se liefde skenk ons ewige sekerheid!

Skriflesing

Romeine 8: 31-39

Fokusteks 38 – 39

Liedere

Skrifberyming 5-4 [10] : 1, 2, 3

Skrifberyming 5-4 [10] : 4, 5, 6

Psalm 6-11 : 1, 3, 5

Psalm 4-1 : 3, 4

Baie mense beskou Romeine 8 as een van die mooiste
hoofstukke in die Bybel. Ons lees van ‘n lewe deur die
Gees, van die heerlikheid wat kom, hoe ons en die
skepping smag na die wederkoms van Christus, en hoe
die Gees vir ons intree as ons nie weet wat om te bid
nie. Maar waaroor gaan dit presies in Romeine 8:31-39?
Dit gaan oor sekerheid in en deur ons Here Jesus
Christus. Ons kan seker wees dat ons saak voor God
reg is. Ons kan seker wees dat ons sy kinders is en dat
ons die ewige lewe het. Ons kan seker wees hiervan
omdat God vír ons is en Hy sy Seun oorgelewer het in
ons plek.