015 296 0054
h/v Mcdonald- & Erasmusstraat, Florapark, Polokwane
Tuis | Preke | Leef jou roeping

Leef jou roeping

Sunday, 22 November 2020 - 9:30am
Dominee: 
Boek: 
Teks: 
Ester 4:14, Ester 9:22

Kyk video opname hier

Skriflesing

Ester 4

Ester 9: 20—22

Fokusteks Ester 4:14 Ester 9:22

Liedere

Skrifberyming 1-1 : 3, 7

Psalm 8 : 3, 4, 7

Psalm 71 : 12, 14

Skrifberyming 18-7 : 3, 10, 12

In SA is ‘n legio struikelbokke in ons samelewing wat samewerking in die wiele ry. Anargiste skep vrees en krap waar dit nie nodig is nie. Ons kan rye probleme opnoem en onsself baie negatief maak. Wat staan ons elkeen as ‘n gelowige te doen? Die agtergrond van die boek is die ballingskap van Israel. Ahasveros was ‘n suksesvolle koning. Hy heers van 486 tot 465 oor 127 provinsies van Indië tot by Kus. Waneer jy in ballingskap weggevoer is, was die idee dat jy met die oorwinnaar een sal word om hulle verder te versterk. Hy hou ’n groot fees vir al die invloedrykes van die Persiese ryk met ’n oorvloed kos en drank. Die geskiedenis leer ons van koningin Vasti wat dan nie wil inval by die koning se planne nie, en sy weier om voor hom te verskyn. Nadat sy afgesit is as koningin is daar plek vir Ester om die koningin te wees. Die weeskind wat deur haar oom groot gemaak is, word die koningin. Sy was baie mooi. Hegai die man in bevel van die koning se harem het haar dadelik raakgesien.
Hy het dadelik vir haar die beste skoonheidsbehandeling en dieet gegee, asook 7 bestes van die paleis se personeel tot haar beskikking gestel. Hulle is na die beste deel van die vrouekwartiere verskuif. Die voorbereiding het vir 12 maande geduur en daarna is die meisies die geleenheid gegee om na die koning te gaan. Nadat Ester by die koning was, het hy so van haar gehou dat hy die koningskroon op haar kop gesit het en ‘n groot onthaal ter ere van haar gehou het.

Ester en haar oom Mordegai het ‘n sameswering oopgevlek en die koning se lewe gered. Daarna kom Haman, wat oor al die amptenare aangestel was, op die toneel en wil al die Jode vermoor, omdat Mordegai nie voor hom wil buig nie. Hy buig net voor God. So het Nebukadneser dit al by Daniël ondervind. Daar is geloot om ‘n dag te kies waarop die Jode uitgeroei sou word. Haman is na die koning om hierdie bose plan in werking te plaas. Hy het die Jode aan die koning as die vyand in hul midde voorgehou. Hy het 342 ton silwer aangebied om die kon-ing se sanksionering vir sy bose plan te kry. Rykdom verlei ‘n mens om op jouself en jou aardse besittings te vertrou Jy glo met jou geld kan jy alles koop of laat gebeur. Die spreuk lui: “Alles het ‘n prys”. Die wet is uitgevaardig dat op die 13de van die 12de maand (Adar) alle Jode uitgeroei moes word. Daar moes op hul be-sittings beslag gelê word. Dié proklamasie is as wet in elke provinsie afgekondig. Hamman het gaan sit en drink. Die stad was in beroering. Die volk in ballingskap het totale uitwissing in die oë gestaar.
Ester was uiteraard baie ontsteld oor die situasie. Ons lees van haar vrese, twyfel, onsekerheid en die bevraagtekening van God se liefde. Menslik was dit onmoontlik om hierdie ramp af te weer. Tog was daar ‘n ligpunt: Ester word versoek om na die koning te gaan. Die risiko’s was groot, baie groot. Vrouens was nie gereken in daardie tyd nie. Die koning het Vasti sommerso vervang. Die reël was dat enige een wat na die koning gaan terwyl hy/sy nie ontbied is nie, sonder meer doodgemaak word. Die enigste uitsondering was, as die koning sy goue septer na so ‘n persoon uitsteek, is ‘n oudiënsie toegestaan. Wat die saak gekompliseer het is die feit dat Ester al vir ‘n maand lank nie na die koning ontbied is nie. Satan is aan die werk – Hy wil steel, slag en vermoor. Hy wil die saad van Adam uitroei. Toe hierdie boodskap aan Mordegai oorgedra is, was sy reaksie: “Wie weet, miskien is dit juis met die oog op ‘n tyd soos hierdie….” Ester het tot aksie oorgegaan. Sy het haar oom laat weet: Julle moet vas. Ek en my kamerpersoneel gaan ook vas. Ester stap die pad van afhanklikheid.
Om te vas was ‘n manier om jou lewe voor die Here te stel. Hulle moes fokus op die Here. Alles wat hul aandag kon aftrek is vermy - selfs kos. En kyk hoe doen hulle: Hulle pleit om die wysheid van die Here. Hulle bid dat die Here vir hul die pad sal wys. Hulle bid om krag en insig vir die probleem van hul dag. Ester word deur die Here gelei om te besef: Die Here het die saak op haar weg geplaas om iets daaraan te doen. Was dit nie met die oog ‘n tyd soos hierdie wat sy juis koninging van Persië geword het nie? Hoe wil die Here haar nou gebruik om iets vir sy volk te doen? Die kern van die verhaal is: Die magte van hierdie wêreld word nie deur op-spraakwekkende Goddelike magsvertoon buite aksie gestel nie. Dit word teeng-estaan deurdat God mense op spesifieke plekke en tye plaas. God is nie van jou afhanklik nie, maar Hy werk deur mense wat Hy gereed maak om sy stem te hoor en in die geloof reageer. ‘n Mens wat deur God se Gees menslik onmoontlike dinge kan doen.
Dink aan Moses wat nie kan praat nie – hy lei ‘n volk vir 40 jaar in die woestyn. Petrus wat nie onrein wil word nie, maar dan ‘n visioen ontvang om in ‘n heiden se huis in te gaan. Paulus wat in ‘n gesig na Macedonië geroep word, om na die heidene te gaan en wat in die hart van afgodery staan en praat oor die kruis en opstanding. Jesus Christus die Seun van God, word in ‘n stal tussen sondaars gebore. Hy hang aan ‘n kruis op die regte oomblik om versoening te werk; totaal anders as wat die mense dit vra. Adam se saad oorwin die slang. Maar kyk mooi: Nooit het Christus 1 keer vir die Jode gesȇ dat Hy hulle gaan verlos van die heidene se oorheersing nie. Bly by die waarheid. Die opstanding uit die dood laat vandag nog mense spot en lag. Mense verstaan steeds nie hoe God werk nie – ook nie nou nie. Gaan verkondig aan die nasies dat Christus, die Gesalfde is. Nie red jouself en jou huis met jou mensbedinkte planne nie. Ester en Modegai is deur die Here wonderbaarlik in hulle geloof bewaar. Die Here het ons bewaar vir ‘n tyd soos hierdie.
Hoe? Bid om Goddelike wysheid en insig. Soek die wil van God en jaag dit na. Waar jy weet daar is sonde in jou lewe - bekeer jou! Bou jou dag op die regte fon-dasie. Weet, miskien is dit juis met die oog op ‘n tyd soos hierdie, dat jy is waar jy is, werk waar jy werk, deel is van ‘n familie. Ons kan in hierdie land die Woord op die gereformeerde manier verkondig – in volle waarheid. God wil ons hier gebruik. Staan op vir dit wat reg is. Doen die wet van God. Lewe uit liefde vir Hom. Dissipels volg Jesus en maak ander dissipels. Al het jy geen posisie in die lewe nie – weet: God wil jou gebruik.
Die Here het die volk se lot verander. Die Purimfees is ingestel – angs het in blydskap verander, rou het fees geword. Ons het die sakramente ontvang om ons aan Christus se verlossing te herinner – doop en nagmaal is feestyd. Maar wys ook verder vorentoe aan die ewige fees wat wag. Die nuwe Jerusalem is gereed om jou te ontvang. Onthou: in die Kerk is jy nie ‘n passasier nie. Jy het vandag en elke an-der dag terwyl jy lewe, werk om te doen – Hou aan tydig en ontydig. Leef jou God-delike roeping met eer, lof en dank aan Hom wat alles op die regte tyd laat gebeur.