Skrywe vanaf Kerkraad

Geliefde broers en susters. 

 

Die Ouderlinge het na aanleiding van die aankondiging van die Staatspresident op Dinsdag 17 Maart 2020  in die konsistorie vergader. 

 

Ons het na die skrywe van GK Potchefstroom – Die Bult, wat op die laaste Sinode as deputate vir Nasionale nood, rampe en ander sake, aangewys is, die volgende brief vir u opgestel. 

 

Indien u van mede-broers en susters bewus is wat nie die brief kan ontvang nie, moet u asb die kerkkantoor daarvan verwittig. Ons wil nie paniek saai nie en derhalwe versoek ons u om navrae aan die kerkkantoor per e-pos te rig vir ‘n antwoord op u skrywe. Ons sal u op datum hou van verdere besluit en of veranderinge indien nodig. 

 

Ons moet vir almal bid wat die virus het en ook vir diegene wat hulle moet behandel. 

 

Ek sluit af met die aanhaling uit Psalm 121 vers 1: Ek kyk op na die berge: waarvandaan sal daar vir my hulp kom? My hulp kom van die Here wat hemel en aarde gemaak het. 

 

Ds Sarel Venter