Silwerdoppers

Diensgroep

Die gemeente het ‘n baie aktiewe groep Senior Lidmate [bo 60] wat bekend staan as Die Silwerdoppers. Hulle vergader elke tweede Dinsdag van die maand en reël verskeie aktiwiteite soos uitstappies, speletjies, etes en ‘n jaarlikse besoek aan die Nasionale Kruger Wildtuin.  Verder bak ook vetkoeke en koeksisters as fondsinsameling vir hulle wildtuin besoek. Hulle vorm ook ‘n sterk ondersteuningsgroep vir die ouer lidmate van die gemeente.

Bestuur:

Voorsitter :   Marina van der Walt

 

Silwerdoppers Jaarafsluiting

Al die bejaardes word uitgenooi na die afsluiting in November.
Die Susters sit dan ‘n heerlike ete voor aan al die senior lidmate.

 

 

Koeksusters , Vetkoeke.

Help  met ons fondsinsameling vir die Silwerdoppers!
Ons doen ‘n beroep op die gemeente – ondersteun ons en adverteer by jou werksplek en/of vriende.
Ons lewer af in die dorp indien daar meer as 10 dosyn bestel word.
Bestellings kan geplaas word by Marina vd Walt  072 135 6905.

Alle skenkings is welkom i.e bestanddele, donasies ens