Aktiwiteitskommissie

Diensgroep

Die kommissie help met die reëlings van alle aktiwiteite in die gemeente.  Nagmaaletes, gemeente kuier aande asook gemeente basaar word deur die kommissie gereël.

 

Voorsitter :        Peet Oosthuizen     073 057 0870
Sekretaresse:   Daleen  Coetsee      079 490 2678

 

NAGMAALETE 

Begin 12h00
Ons bied braaivleis en slaaie (In die somer maande)
Warm aansit ete (In die winter maande)
Elke gesin moet ‘n bak slaai saambring
Bring u eie eetgerei, borde en poedingbakkies
Kom geniet ‘n heerlike ete saam ons by die kerkgebou na Nagmaal

 

GEMEENTEKAMP – JAARLIKS IN AUGUSTUS OF SEPTEMBER

Die kamp vind weer plaas by Villa Maroela vanaf 30 Augustus tot 1 September 2024. Die hele kamp is vir ons gemeente bespreek vir daardie naweek!
Daar is verskeie tipes verblyf beskikbaar – hou nou al daai naweek oop om lekker saam te kom uitspan
Die lys is op die kennisgewing bord. Bespreek vroegtydig jou plek.
Betalings kan solank gedoen word in die Aktiwiteitskommissie rekening of u kan by Daleen betaal.

Kostes:

Hou die kennisgewingbord dop vir meer inligting nader aan die tyd

Vir enige navrae kontak: Peet Oosthuizen of Daleen Coetsee​.