Skriflesing |
Luk 24: 36-53, Joh 16:14-26, Gen 48: 8-20 |
Liedere |
Psalm 115: 1, 2 Psalm 45: 9, 10 Skrifberyming 2-4: 3 Skrifberyming 1-2: 1, 2, 3 Psalm 61: 4, 6 |
Waaroor is jy die blyste in jou lewe? Afskeid is altyd swaar. Afskeid loop hand aan hand met seer, trane, verlange, eensaamheid en kwesbaarheid. Die Here roep mense om Sy dissipels te word. Hulle los allles net so en volg Hom. Vir 3 jaar leer Hy hulle en verander hulle lewe 100%. Die Here leer hulle wat ware liefde is en lei hulle met groot empatie in die groei van hulle verhouding met die Vader. Hulle sien wonders en hoor geloofsgeheime. En nou gaan Hy weg. In Joh 14 en 16 het Jesus die disspels op Sy weggaan voorberei. Hy het gesê dat Hy teruggaan na die Vader toe. Uiteraard sou die dissipels onsteld gewees het. Onsteld beteken dat jou kop en hart deurmekaar geroer word. Die Here se seën is onherroeplik en dit raak alle fasette van jou lewe. As God seën is Hy persoonlik teenwoordig. Dit beteken dat Hy ons sal beskerm, ons genadig sal wees en Sy vrede vir ons sal gee. Dit beteken konkreet vandag vir my dat Jesus sy kerk in stand sal hou, dat Hy lewendig in die midde van die kerk sal wees, dat hy ons sal versorg te midde van aardse tekorte en dat Hy ons sal lei. In die seënende hande van die Here sien die dissipels die verhoogde Here wat alle mag in die hemel en die aarde besit. Hy regeer vanuit die hemel hier op aarde. Omdat Hy regeer, gebeur alles ten goede vir ons. |