Skriflesing | |
Sang |
Voorafsang Lied 358 (Somerkersfees) Psalm 98-1: 1, 2, 3 Psalm 146-1 : 1 – 4 Psalm 146-1 : 5 – 8 |
Ons ken almal daardie onaangename gevoel wanneer mense jou teleurstel – daardie amperse siek gevoel van ontnugtering veral wanneer jou verwagting die teenoorgestelde was. Psalm 146 bevestig vir ons met ‘n heerlike lofsang die basiese lewens- en geloofswaarheid dat net God te vertrou is – vertrou op Hom eerder as op mense! Kersfees herinner ons aan die rede hoekom: Hy is getrou aan sy beloftes om vir ons ware verlossing te bewerk. Daarom stuur Hy sy Seun na hierdie wêreld. Op kersdag is dit gepas dat ons nadink oor op wie ons werklik ons vertroue stel, wegdraai van ons vertroue op mense, mense wat ons dink die mag het om dinge te verander, en ons vertroue weer geheel en al in die een, enige God stel! |