Liedere |
SB 11-2: 1, 2, 3( Psalm 130 se wysie) |
Die kerk en gelowiges het nog altyd gestry oor ou en nuwe dinge. Party wil die ou dinge behou, ander wil weer net nuwe dinge invoer. Die vraag bly: Moet die oue behou word, moet die nuwe alles oorheers, of moet daar iets van ‘n balans wees? Dit was ook die brandpunt van ons Here Jesus se gesprek met die mense om Hom: die Joodse leiers hou vas aan die gebruike van vas, maar in die proses sien hulle nie die nuwe dinge wat Jesus met woord en daad, en veral dan in en deur sy verlossingswerk, bring nie. Daarom Jesus se woorde aan hulle: “Nee, nuwe wyn moet in nuwe velsakke gegooi word.” (v. 38) Hierdie woorde geld vir elkeen van ons persoonlik, ook vir ons as gemeente:
|