Skriflesing |
Hebreërs 10:19-25 (22) |
Liedere |
Psalm 34: 1, 2 & 4 [166] Skrifberyming 12-3: 1 & 2 Psalm 94: 6 [472] Psalm 33: 11 [157] Psalm 100: 1, 2 & 3 [495] |
Elke Sondag kan ons God op ʼn baie besondere manier ontmoet. Hoekom kan ons as klein (en sondaar) mensies hier voor God verskyn? Omdat God ons in Christus die vrymoedigheid gee om na Hom toe te kom. Hy ons roep om hier voor Hom te kom verskyn. Deur die geloof kan ons nou kom en God ontmoet en so ook sy seën ontvang. Laat ons Hom dus dankbaar loof vir hierdie groot genade. |