Skriflesing |
Lukas 15:11-24 [24] Dordtse Leerreëls, Hoofstuk 5, artikels 4 – 8 |
Liedere |
Psalm 33: 1, 2 & 3 [157] Skrifberyming 14-2 Psalm 33: 6 & 11 [157] |
Het u al ʼn sonde gedoen wat so groot is dat u begin twyfel het of God u daarvoor sal vergewe? Ja, soms voel dit of ons verby die punt is waar ons gered kan word – of ons uit God se genade geval het, maar die Here verseker ons dat ons dalk wel in die sonde kan val (en Hom so bedroef) – maar dat sy uitverkorenes nooit uit sy genade kan uitval nie. Deur sy Woord en Gees (wat ons dring tot bekering en berou) bewaar die Here ons en lei Hy ons terug. Ons sekerheid lê tog in dit wat God vir ons gedoen het in Christus – en dit staan altyd vas! |