Al aanbid ons nie meer vandag goue kalwers, of klip beelde nie, is die aanslag deur afgode vandag seker groter as ooit tevore. Die samelewing maak van elke individu ʼn afgod wat self kan besluit wat in sy lewe moet gebeur. Ons nuuskierigheid oor die toekoms laat ons gryp na voorspellings en gelukbringers, in plaas daarvan dat ons soek na die wil van die enige ware God. Daar is net een God. Laat ons Hom soek en leef in die genade van Sy liefde.