015 296 0054
h/v Mcdonald- & Erasmusstraat, Florapark, Polokwane
Tuis | Preke | Die 10 gebooie van rentmeesterskap

Die 10 gebooie van rentmeesterskap

Sunday, 8 September 2019 - 9:00am
Dominee: 
Boek: 
Teks: 
Mat 25 : 14 - 30
Liedere

Psalm 148: 1, 2

Psalm 148: 4, 5

Psalm 37: 18, 19, 23

Skrifberyming 5-4: 3, 5, 6

Psalm 93: 1, 4

Skrifberyming 14-2

Die eerste konsep wat 'n kind leer is: Myne!! Die eerste konsep wat die Here ons van gemeente leer is: Ons!! 1 Kor 4: 7 stel dit so mooi: Wat het jy wat jy nie ontvang het nie? 10 belangrike sake kom na vore in die gelykenis: Alles behoort aan die Here - jy en jou alles. Jy het geen regte op aarde nie. God het die finale woord. Jy gaan rekenskap gee wat jy met jou gawes en talente doen. Jy moet die Here se beeld uitdra. Jou karakter moet ooreenstem met die oorvloed van besittings wat God aan jou toevertrou het. God gee soos Hy wil, jy moet dit reg bestuur. Getrouheid = vrugte dra. Aan wie baie behoort, sal ook baie van gevra word. As jy getrou is met min, sal jy meer kry as wat jy dink.