015 296 0054
h/v Mcdonald- & Erasmusstraat, Florapark, Polokwane
Tuis | Preke | Waarom maak God só met my?

Waarom maak God só met my?

Sunday, 2 December 2018 - 9:00am
Boek: 
Teks: 
Romeine 8: 18 - 30 (1983-vertaling)

WEENS ONVOORSIENE BEURTKRAG IS DIE PREEK NIE OPGENEEM NIE

 

Liedere

Psalm 48: 1, 4
Psalm 38: 1, 8
Psalm 42: 1, 4, 5
Psalm   9: 1, 2, 7

Ons sien nie altyd die goeie in die swaarkry en lyding van hierdie verganklike lewe raak nie.  Dat God alles ten goede vir ons laat meewerk, stem ons nie altyd mee saam nie.  Dit is moeilik om te verstaan of te aanvaar.  Ons is ontevrede, raak selfs opstandig of kwaad vir Hom. God se eindbestemming vir ons is dat ons gelykvormig aan die beeld van sy Seun sal wees.  Deur alles heen word ons voorberei vir die oorgang tot die ewige heerlikheid.  Ons moet God se plan raaksien, daarmee rekening hou, ongeag  wat reeds gebeur het,  nou gebeur en nog sal gebeur. God is die groot Beeldhouer wat ons deur sy Woord en die Heilige Gees vorm en hervorm.  Hy verander ons denke, begeertes, gesindheid, gedrag, woorde en dade.  Hy laat ons inpas en aanpas soos God ons wil hê. Die pad wat ons vir onsself beplan, bots baie keer met die treë wat God ons laat loop.  Moenie opstandig wees en vasval in die vraag waarom Hy só met jou maak nie.  Vra eerder:  Waartoe wil Hy jou bring?