015 296 0054
h/v Mcdonald- & Erasmusstraat, Florapark, Polokwane
Tuis | Preke | Voluit na God in die troonsaal

Voluit na God in die troonsaal

Sunday, 20 January 2019 - 9:00am
Dominee: 
Boek: 
Teks: 
Hand. 6: 5; 6: 8 - 15; 7: 54 - 60

Liedere

Psalm 1: 1, 4
Psalm 33: 1, 5
Skrifberyming 4-8: 1, 2
Psalm 32: 5
Skrifberyming 5-3: 4, 5
Skrifberyming 5-4: 5, 6

Die eerste martelaar lewe voluit vir God en sterf met 'n gebed op sy lippe. Hy het iets gehad wat die moeite werd was om voor te leef en te sterf. Hy sien Jesus Christus in die troonsaal staan. Vervul met die Heilige Gees was hy 'n kragtige prediker wat Christus aan die volk verkondig. Dit wek die haat van die Jode. Niks stop hom nie. Selfs nie sy dood nie. Hy sien op aarde die ewigheid en sy plek by God. Mag ons deur God se genade so besiel en bekragtig word dat niks ons stop om voluit na God te lewe nie.