015 296 0054
h/v Mcdonald- & Erasmusstraat, Florapark, Polokwane
Tuis | Preke | Vertrou op God alleen omdat Hy getrou is

Vertrou op God alleen omdat Hy getrou is

Friday, 25 December 2020 - 8:00am
Boek: 
Teks: 
Psalm 146 vs 5,6
Tema: 
Skriflesing

Psalm 146

Fokus verse: 5 en 6

Sang

Voorafsang Lied 358 (Somerkersfees)

Psalm 98-1: 1, 2, 3

Psalm 146-1 : 1 - 4

Psalm 146-1 : 5 - 8

Ons ken almal daardie onaangename gevoel wanneer
mense jou teleurstel – daardie amperse siek gevoel
van ontnugtering veral wanneer jou verwagting die
teenoorgestelde was. Psalm 146 bevestig vir ons met
'n heerlike lofsang die basiese lewens- en
geloofswaarheid dat net God te vertrou is – vertrou op
Hom eerder as op mense! Kersfees herinner ons aan
die rede hoekom: Hy is getrou aan sy beloftes om vir
ons ware verlossing te bewerk. Daarom stuur Hy sy
Seun na hierdie wêreld. Op kersdag is dit gepas dat
ons nadink oor op wie ons werklik ons vertroue stel,
wegdraai van ons vertroue op mense, mense wat ons
dink die mag het om dinge te verander, en ons vertroue
weer geheel en al in die een, enige God stel!