015 296 0054
h/v Mcdonald- & Erasmusstraat, Florapark, Polokwane
Tuis | Preke | Verbly jou in die Here se Hemelvaart

Verbly jou in die Here se Hemelvaart

Sunday, 16 May 2021 - 9:30am
Dominee: 
Teks: 
Luk 24: 36-53, Joh 16:14-26, Gen 48: 8-20
Tema: 
Skriflesing

Luk 24: 36-53,

Joh 16:14-26,

Gen 48: 8-20

Liedere

Psalm 115: 1, 2

Psalm 45: 9, 10

Skrifberyming 2-4: 3

Skrifberyming 1-2: 1, 2, 3

Psalm 61: 4, 6

Waaroor is jy die blyste in jou lewe? Afskeid is altyd swaar. Afskeid loop hand aan hand met seer, trane, verlange, eensaamheid en kwesbaarheid. Die Here roep mense om Sy dissipels te word. Hulle los allles net so en volg Hom. Vir 3 jaar leer Hy hulle en verander hulle lewe 100%. Die Here leer hulle wat ware liefde is en lei hulle met groot empatie in die groei van hulle verhouding met die Vader. Hulle sien wonders en hoor geloofsgeheime. En nou gaan Hy weg. In Joh 14 en 16 het Jesus die disspels op Sy weggaan voorberei. Hy het gesê dat Hy teruggaan na die Vader toe. Uiteraard sou die dissipels onsteld gewees het. Onsteld beteken dat jou kop en hart deurmekaar geroer word.
Die disspels moes bly wees oor Jesus se weggaan, want dit beteken dat Hy sy werk afgehandel het. Die genade is dat ons lees dat hulle baie bly was. Lukas beskryf dat Jesus met seënende hande opvaar na die hemel. Die Here versterk hulle met ‘n besondere genade. Hulle gaan krag kry om alles wat teen hulle in die toekoms geloods word, te oorkom.

Die Here se seën is onherroeplik en dit raak alle fasette van jou lewe. As God seën is Hy persoonlik teenwoordig. Dit beteken dat Hy ons sal beskerm, ons genadig sal wees en Sy vrede vir ons sal gee. Dit beteken konkreet vandag vir my dat Jesus sy kerk in stand sal hou, dat Hy lewendig in die midde van die kerk sal wees, dat hy ons sal versorg te midde van aardse tekorte en dat Hy ons sal lei. In die seënende hande van die Here sien die dissipels die verhoogde Here wat alle mag in die hemel en die aarde besit. Hy regeer vanuit die hemel hier op aarde. Omdat Hy regeer, gebeur alles ten goede vir ons.
Ons lewe word steeds meer verryk met ons Koning wat alle heerskappy in die hemel en op aarde het. Daarom moet ons bly wees. Ons Here Jesus Christus is ewige Koning. Dit bring ons daartoe om God se opdragte te wil gehoorsaam. Hulle loof en prys die Here aanmekaar by die tempel. Saam met medegelowiges getuig hulle van Jesus se opstanding en hemelvaart. Opmerklik is dat die woord vir seën en prys dieselfde woord is.
Ons kan tog nie die Here seën nie. Maar ons moet Hom loof deur te erken dat Hy my Koning is. Ek moet Hom prys omdat Hy my Here (eienaar en besitter) is. Die manier waarop ons na die erediens kom en in erediens bymekaar is, sal ook duidelik laat blyk dat Christus se seën op ons rus en die effek in ons geloofslewe na vore laat kom. Christus se hemelvaart maak ons lewens ‘n vreugdelied. Ons beleef elke dag die Here se beskerming, versorging en vrede. Loof en prys Hom en Hom alleen.