015 296 0054
h/v Mcdonald- & Erasmusstraat, Florapark, Polokwane
Tuis | Preke | Skatte in kleipotte

Skatte in kleipotte

Sunday, 28 April 2019 - 6:00pm
Dominee: 
Teks: 
2 Kor 4: 1 - 15
Liedere

Ps 135: 1, 2

Ps 146: 1, 8

Ps 105: 2, 3

Sk 18 - 7: 3, 11, 12

Kleipotte is vir ons hoofsaaklik dekoratiewe kleiwerk. Ons dink aan potte wat breekbaar, onaansienlik, swak en goedkoop is. Navorsing het gewys dat dit nie die geval in ou Korinte was nie. Hulle potte was duursaam. Die potte het die vermoeë gehad om beter te presteer as wat ons dink. Paulus gebruik die beeld van die kleipotte om aan ons te verduidelik dat die draers van die evangelie deur goddelike vuur hard gebak was, maar ook deur goddelike krag in stand gehou word. Daarom gebruik hy in die teks kontraste om die feit aan ons oor te dra. Die eerste lesers het verstaan dat hy bedoel dat hy onaansienlik is, maar vir God baie bruikbaar is. Vergelyk ook sy swaarkrylyste in 1 Kor 4: 9 - 13; 2 Kor 4: 8 - 9; 2 Kor 6: 3 - 10; 11: 23 - 29 en 12: 10. Mag ons God elke mens wat sy eie breekbaarheid besef deur Sy krag en genade in stand hou, om in ons gemeente bruikbaar te wees.