015 296 0054
h/v Mcdonald- & Erasmusstraat, Florapark, Polokwane
Tuis | Preke | Roep saam met die Gees!

Roep saam met die Gees!

Sunday, 24 May 2015 - 9:00am
Boek: 
Teks: 
Openbaring 22:16 - 21
Tema: 
Liedere

Skrifberyming 1-2:1, 2 & 3

Psalm 65:2 (p. 314)

Skrifberyming 8-2:1, 2 & 3 (Melodie Ps. 100)

Skrifberyming 2-4:1 & 2

Ons is op pad na die wederkoms.  Ons maak ons gereed om die Here Jesus Christus te ontmoet.  Johannes hoor op Patmos hoe die kerk roep:  Kom Here Jesus.  Ja, kom gou!  Roep ons vandag nog?  Sien ons regtig met verlange uit na die wederkoms?  Kom ons wees eerlik:  Ons hoor nie regtig meer hierdie roep nie en ons bid dit ook nie regtig meer nie.  Die vraag is:  Is daar nog regtig so ʼn dringende verlange?  Genadiglik het God sy Gees gestuur om saam met ons te roep.