015 296 0054
h/v Mcdonald- & Erasmusstraat, Florapark, Polokwane
Tuis | Preke | Ons rus begin by die besef van hoe groot ons sonde en ellende voor God is

Ons rus begin by die besef van hoe groot ons sonde en ellende voor God is

Sunday, 5 August 2018 - 6:00pm
Dominee: 
Teks: 
Psalm 24, HK Vraag 2, Rom 8:12-14

Skriflesing

Lees: Psalm 24. HK vraag 2, Rom. 8: 12 - 14

Tema

Ons rus begin by die besef van hoe groot ons sonde en ellende voor God is.

Liedere

Psalm 89: 1, 6, 11

Psalm 146: 2, 3

Psalm 145: 9, 10, 11

Elke belydende gelowige het 'n groot taak - daar mag niks tussen ons en God kom wat ons bewussyn van Hom wegneem nie. Ons lewensfokus moet reg wees. Sonde = alle dinge wat my liefde vir die geestelike dinge wegneem. Rom. 8: 12 - 14 stel dit ook duidelik hoedanig ons lewe moet wees. Die Gees maak die werke van die vlees dood. Sonder die pad van voortdurende heiligmaking, sal jy nie die wonder van God se teenwoordigheid beleef nie.