015 296 0054
h/v Mcdonald- & Erasmusstraat, Florapark, Polokwane
Tuis | Preke | Leef Vandag Voluit

Leef Vandag Voluit

Sunday, 21 January 2018 - 9:00am
Dominee: 
Boek: 
Teks: 
Jakobus 4:13-17

Ons moet vandag leef. Volledig leef, maar ons stel soms maklik uit. As dit by geloof kom, kan dit baie gevaarlik wees. In 2 Sam. 16-18 lees ons die geskiedenis van Absalom. Hy kom in opstand teen sy pa, koning Dawid. Hy wil hom vermoor, maar as hy moet optree, dan stel hy uit. So ook kry ons vir Feliks en Drusilla. Hy ken die christelike geloof, maar stel elke keer uit om meer te hoor. In Lukas 12:13-21 lees ons van die ryk dwaas, wat môre nog wou doen. Hy sterf en sy werke kom tot niks. Daarom mag ons nie uitstel nie. Van uitstel kom afstel. God die Heilige Gees lei ons om met ons hele wese diensbaar te wees en te bly tot by my laaste lewensdag. Doen vandag wat jy moet doen.