015 296 0054
h/v Mcdonald- & Erasmusstraat, Florapark, Polokwane
Tuis | Preke | Het jy genoeg olie vir die reis?

Het jy genoeg olie vir die reis?

Sunday, 12 August 2018 - 9:00am
Teks: 
Mat 24: 36 - 44; Mat 25: 1 - 13; Sag 4

Skriflesing

Mat 24: 36 - 44; Mat 25: 1 - 13

Tema

Het jy genoeg olie vir die reis? 

Liedere

Psalm 40: 4

Psalm 18: 1, 15

Skrifberyming 12-3: 1, 2

Psalm 38: 1, 17

Psalm 2: 1, 6

Psalm 68: 9, 15

Olie is in die Bybel altyd 'n beeld van die Heilige Gees. Hier gebruik die Here olie in verband met gereed wees. Die profetiese rede is Jesus se laaste toerusting aan Sy dissipels. Hy leer hulle om altyd gereed te wees vir Sy wederkoms. Hierdie beeld is eenvoudig en treffend. Ons almal verstaan dat olie lewensbelangrik is. Sonder olie kan ons nie geestelik of fisies lewe nie. Lees ook Sagaria 4 in verband met die olie van die Gees. Die Here gee vir ons alles wat vir ons lewe vandag belangrik is. As Vader sorg Hy dat ons nie net kan ken nie, maar ook volledig vertrou. Om gereed te wees, is om volledig te glo.