015 296 0054
h/v Mcdonald- & Erasmusstraat, Florapark, Polokwane
Tuis | Preke | God vra blydskap, gebed en dankbaarheid elke dag

God vra blydskap, gebed en dankbaarheid elke dag

Sunday, 9 September 2018 - 9:00am
Dominee: 
Teks: 
1 Tes 5 : 1 - 24

Skriflesing

1 Tes 5: 1 - 24

Liedere

Psalm 107: 1, 10; 

Skrifberyming 12-3: 1, 2; 

Skrifberyming 9-3: 1, 2; 

Psalm 31: 3, 13;

Psalm 23: 3; 

Psalm 116; 

Skrifberyming 10-2;

Psalm 84: 2, 6 

Ons moet mekaar bemoedig. Ons teks handel oor ons persoonlike geloofslewe: blydskap, gebed en dankbaarheid. Wees altyd bly. Die rede is omdat die Here altyd by ons is. Ons vreugde is nie afhanklik van goeie of slegte omstandighede nie. Bid sonder ophou - dis die belangrikste deel van jou dankbaarheid. Jou hele lewe is 'n deurlopende gesprek met God, welwetend dat die Heilige Gees jou in alle gebede ondersteun en versterk (Rom. 8: 26). 'n Lewe van dank in voorspoed en in teenspoed. Kenmerk van 'n ware gelowige en vrug van die Heilige Gees. God laat alles ten goede meewerk vir die wat Hom liefhet. Dit is God se wil vir ons. Christus het ons juis kom bevry om elke oomblik van ons aardse bestaan so te kan leef.