015 296 0054
h/v Mcdonald- & Erasmusstraat, Florapark, Polokwane
Tuis | Preke | God is tot in ewigheid in beheer

God is tot in ewigheid in beheer

Sunday, 29 July 2018 - 6:00pm
Dominee: 
Teks: 
Joh 1: 44 - 51, Esra 1

LIEDERE

Psalm 146: 1, 2

Psalm 61: 2, 4

Skrifberyming 2-4: 1, 2

Natanael se vraag is deesdae baie relevant: Wie is in beheer? Is dit regtig God? Kan daar uit hierdie situasie waarin ons is, iets goed kom? Die Almagtige God wat vanuit die hemel regeer gebruik selfs 'n heidense koning soos Kores om die volk terug te bring. Jesus Christus kom uit die agterste deel van Israel - Nasaret. God gebruik Hom as dienskneg om die Blye Boodskap na ons te bring - Die Soewereine God gebruik enige mens in Sy diens. Lees weer Heb. 11. Gewone mense soos Noag, Abraham, die Rigters ens. word geloofshelde. Paulus die christenuitroeier word so gevul met die Heilige Gees dat ons kan leer wat die vrug daarvan is. Mag ons elke dag die troos en versterking van God se Soewereine heerskappy ken en ervaar