015 296 0054
h/v Mcdonald- & Erasmusstraat, Florapark, Polokwane
Tuis | Preke | God se liefde gaan ons verstand te bowe

God se liefde gaan ons verstand te bowe

Sunday, 1 March 2020 - 9:00am
Dominee: 
Boek: 
Teks: 
Efesiërs 3
Liedere

Lied 339:1, 2

Lied 334: 1, 2, 3

Psalm 92: 1, 6

Psalm 145: 10, 12

Psalm 79: 5, 6 (Ps 145 se wysie)

Psalm 1: 1, 2

Skrifberyming 9-4: 1, 2, 6

2020 roep: Waarmee maak jy vol? Ons almal wil weet wat die petrolprys gaan doen, want dit word al duurder om te beweeg. Om in God se Koningkryk te beweeg moet ons bid en God se liefde uitdeel. Paulus bid weer vir die gemeente. Hy bid dat hulle geestelike krag sal kry en dat hulle sal begryp hoe hoog en diep God se liefde is. Daarom vra ons vir onsself en vir mekaar: Waarmee gaan ek my lewe vul in 2020? Ondersoek die biblioteek van jou hart, die videos van jou hart, die kantoor van jou hart, die verhoudings van jou hart, die opvoeding van jou kinders. Jou optrede by die skool, in jou huiswerk en tussen jou vriende. Is die Here tuis in jou hart? Hoe lank het jy vanoggend gebid om vol van die Gees na die Here se Woord te luister?