015 296 0054
h/v Mcdonald- & Erasmusstraat, Florapark, Polokwane
Tuis | Preke | God maak in Christus alles nuut – daarom moet ons in Hom nuut lewe!

God maak in Christus alles nuut – daarom moet ons in Hom nuut lewe!

Sunday, 30 December 2018 - 9:00am
Boek: 
Teks: 
Lukas 5:33-39

Liedere

SB 11-2: 1, 2, 3( Psalm 130 se wysie)
Psalm 138: 1, 4
Psalm 32: 4, 5
Psalm 103: 1, 2, 4
Psalm 33: 1, 2
SB 18-7: 1, 8, 10, 12

Die kerk en gelowiges het nog altyd gestry oor ou en nuwe dinge. Party wil die ou dinge behou, ander wil weer net nuwe dinge invoer. Die vraag bly: Moet die oue behou word, moet die nuwe alles oorheers, of moet daar iets van 'n balans wees? Dit was ook die brandpunt van ons Here Jesus se gesprek met die mense om Hom: die Joodse leiers hou vas aan die gebruike van vas, maar in die proses sien hulle nie die nuwe dinge wat Jesus met woord en daad, en veral dan in en deur sy verlossingswerk, bring nie. Daarom Jesus se woorde aan hulle: "Nee, nuwe wyn moet in nuwe velsakke gegooi word." (v. 38) Hierdie woorde geld vir elkeen van ons persoonlik, ook vir ons as gemeente:

  • Die Here ken ons menslike geneigdheid om vas te hou aan die oue, die "goeie ou dae", dat ons nie die nuwe wat Hy bring, raaksien nie.
  • Ons moet hierdie vernuwing as gelowiges uitleef sonder om weer in die oue terug te val.
  • Ons as gemeente moet nuut dink en leef, want ons lewe in Christus se bedeling van vernuwing