015 296 0054
h/v Mcdonald- & Erasmusstraat, Florapark, Polokwane
Tuis | Preke | God laat ons die onsienlike sien

God laat ons die onsienlike sien

Sunday, 6 March 2016 - 9:00am
Dominee: 
Teks: 
2 Kon 2: 8-23, Efe 6: 10-18  (’53 vertaling) Teks: 2 Kon 2: 16, 17

Liedere

Psalm 84: 1, 6

Psalm 45: 9, 10

Psalm 37: 17, 23

Psalm 47: 1, 4

Psalm 138: 3, 4

Elisa en sy slaaf is in Dotan. Hulle word omsingel deur die Arameërs.  Die slaaf se vraag is in 2016 ook ons vraag:  Wat gaan nou van ons word?  Die antwoord van Elisa is ook ons antwoord:  Moenie bang wees nie, die wat by ons is, is meer as wat hulle is. Ons moet met geestelike oë kyk en met geestelike ore luister na wat die Heilige Gees aan ons openbaar.  Mense en hulle beplanning is deel van God se ewige Raadsplan. Paulus roep ons op om die volledige wapenrusting van God aan te trek, sodat ons ons verkondigingswerk kan doen.  Ons wapens is om te verdedig en te beskerm, maar ook om aan te val. En nou laat gebed ons toetree tot hierdie geveg teen die Bose magte.  Gebed is om direk in konfrontasie teen alle anti-God magte te tree.  Lees weer Ef. 6 v 18.  En ons het die swaard van die Woord en die Gees.  Daarom maak die Here die slaaf se oë oop en hy sien die berge rondom is vol perde en strydwaens van vuur.  Ons kan slegs deur die Gees en die Woord onderskei wie ons vyand is.  Ons konstante gebed moet wees:  Here maak ons oë oop.  Sien die onsienlike en glo die onmoontlike.