015 296 0054
h/v Mcdonald- & Erasmusstraat, Florapark, Polokwane
Tuis | Preke | God het in liefde ons in Christus uitverkies om heilig voor Hom te lewe

God het in liefde ons in Christus uitverkies om heilig voor Hom te lewe

Sunday, 3 February 2019 - 9:00am
Teks: 
Deuteronomium 7:6-8; Efesiërs 1:3-14; DL 1.6
Liedere

Psalm 122:1,2

Psalm 75: 1,2,4

Psalm 51:1,2,3

Psalm 19:4,5

SB 1-1: 1,2,3

God het in liefde ons in Christus uitverkies om heilig voor Hom te lewe
Die Bybel is baie duidelik daaroor dat dit God se besluit was om uit alle volke en tale sekere mense uit te kies. Tog word hierdie uitverkiesing vandag op verskillende maniere verstaan en verduidelik. Volgens die Arminiane (wat die meerderheid Christene vandag verteenwoordig) is God se uitverkiesing afhanklik van die mens se geloof. God sien vooruit wie sal glo en op grond van die vooruitgesiene geloof kies Hy mense om aan Hom te behoort.
Daarteenoor leer ons in die Bybel dat God se uitverkiesing onvoorwaardelik is en berus op God se vrye besluit. God se uitverkiesing is nie gebaseer op geloof nie; geloof is 'n vrug van God se uitverkiesing.