015 296 0054
h/v Mcdonald- & Erasmusstraat, Florapark, Polokwane
Tuis | Preke | God gee nuwe lewe aan dooie mense sodat ons daadwerklik in Hom kan glo en vir Hom kan lewe

God gee nuwe lewe aan dooie mense sodat ons daadwerklik in Hom kan glo en vir Hom kan lewe

Sunday, 17 February 2019 - 6:00pm
Teks: 
Deuteronomium 10:12-17; 30:6; Efesiers 2:1-10 
Liedere Psalm 92: 2,6,7
Psalm 119: 4,7
Psalm 33: 5,6,11
Belydenisskrifte

Dordtse Leerreëls Hoofstuk 3:12, 14 & 16

Wat presies moet in die lewe van die mens gebeur voordat hy/sy in Christus kan glo?  Volgens die meerderheid Christene het God uit genade dit moontlik gemaak vir almal om in Christus te kan glo indien/wanneer hulle die evangelie hoor. Die wil van die mens is vry en in staat om self vir of teen God te kies.Daarteenoor leer God se Woord vir ons dat God eers nuwe lewe vir ons moet gee, omdat ons dood is deur ons sonde. Die Heilige Gees moet vir ons die krag en die wil gee om aan Christus vas te hou. As God ons nie lewend maak nie, kan ons onsself nie tot God bekeer nie.