015 296 0054
h/v Mcdonald- & Erasmusstraat, Florapark, Polokwane
Tuis | Preke | God bewys genade tot eer van sy Naam, loof en prys Hom

God bewys genade tot eer van sy Naam, loof en prys Hom

Sunday, 27 January 2019 - 6:00pm
Teks: 
Deut. 9:1-6; Romeine 11:6
Tema: 

Liedere

Psalm 135:1,2,3
Psalm 119:33-34
Psalm 65:1,2,3,4

Genade onbeskryflik groot – Die wonderlike nuus van die evangelie, dat God ons uit genade red, deur geloof en tot eer van sy Naam, is vandag nog op die spel. Is God werklik alleen verantwoordelik vir ons verlossing? Deur die eeue heen het verskeie mense God se genade probeer verstaan en verduidelik op ‘n manier wat vir die mens nogsteeds ‘n klein rol gee in sy verlossing. Die Dordtse leerreëls is opgestel om die genadeleer van God se verlossing te verduidelik en teen hierdie pogings te beskerm. So wil die eerreëls verseker dat God alleen alle eer en heerlikheid ontvang in die leer van die gereformeerde kerke.